www.the-twelfth.org.uk/

Opinions and attitudes expressed in signed articles are solely those of the contributors and not necessarily those of the publishers. We do not publish personal attacks on individuals or hysterical abuse.

Home page  Pictures  Glenwood Publications  Facing reality  What's new  Contact us  Ballynafeigh Archives 2001-2006

Articles  Reviews  Feedback  What we're about  links

1690 - Die jaar van Europese vryheid

Die magte van William, die Prins van Oranje, het die magte van sy skoonvader, James Stuart, veslaan tydens die Veldslag van Boyne. Dit was egter ne 'n familietwis nie maar wel 'n draaipunt in die Europese geskiendenis. Dit was tydens "The Twelfth" herdenking van die Williamitiese oorwinning in 1690.

Koning James II was 'n sterk verdediger van die leerstellings van: "die Godsdienstige Regte van Konings" soos wat dit uitgevoer was in Frankryk deur die "Son Koning" Louis XIV. Louis was die absolute alleen diktator van Frankryk en James wou dieselfde diktatorskap in Engeland, Skotland en Ierland implementeer. In Engeland het die beginsel gevestig geraak dat gekose verteenwoordigers van verskillende sake die koning se aksies moes dophou en dat die verteenwoordigers dan by magte sou wees om wette te maak. Dit was egter onder geen omstandighede demokraties nie, dit was slegs 'n tree weg van "alleenheerskappy". Daarom is dit nie verbasend nie dat James sterk teenkanting ondervind het wat gelei het tot sy val deur William, en uiteindelik tot sy finale neerlaag tydens die Slag van Boyne.

Die troonbestyging van William en Mary was 'n vooruitstrewende stap vir die Britse volk. Die Stuarts se baasspelerige alleenmag was omver gewerp en die Konstitusionale Heerskappy sowel as die parlementere regeringstelsel is gevestig. (Ons weet verseker dat die parlementere verteenwoordigende stelsel nie volkome demokraties is nie. Alhoewel dit beter is as die
koninklike baasspelerige heerskappy wat James verteenwoordig het.)

Vandag word die beperkte vryheid steeds onthou wat verkry is deur die Roemryke Revolusie. Om die Williamitiese oorwinning te herdenk is vandag dus nie 'n sektariese rookskerm herdenking nie. "The Twelfth" is Europa se grootste inheemse volkekundige - en kulterele feesviering, dit verbind ook onbetwisbaar Ulster met Europa, geskiedkundig en kultureel. Dit bevestig een van die grootste spilpunt datums in die Europese geskiedenis. 1690 Was die jaar van Europese Vryheid en daarom moet ons 1690 onthou.

 

Thanks to Hugo from the Eastern Transvaal for this Afrikaans translation.  

Home page Pictures Glenwood Publications  Facing reality  What's new  Contact us  Ballynafeigh  Articles Archives 2001-2006

Reviews Images of the Twelfth  Feedback  What we're about  links

Copyright © 2000 - 2007  Glenwood Publications. All rights reserved.